Sunday, April 26, 2020

Terugvoer: Koffie Drink – Reboot Amateur Radio WhatsApp Groep – 25 Januarie 2020 – Root Coffee Roasters op George.

Die PDF weergawe kan hier afgelaai word. Klik HIER 



Die Reboot Amateur Radio WhatsApp Groep asook die Reboot Koffie Drink is oop vir alle radio amateurs en voornemende radio amateurs in Suid Afrika. Al ons byeenkomste is informeel van aard en geensins klub verwant of gedrewe nie. Net ‘n klomp radio amateurs en voornemende radio amateurs wat hulself geniet. Ons drink een keer per maand saam koffie en bespreek allerlei amateur radio aspekte. Daar is geen formele prosedures nie maar daar is wel drie voorwaardes: (1) Geen amateur- of lands politiek nie. (2) Geen godsdiens. (3) Geen kontroversie of persoonlike geskille nie. Net vet pret, lekker lag en amateur radio is aan die orde van die dag.

Die afgelope Saterdag, 25 Januarie 2020 om 9vm was weer ‘n genotvolle en suksesvolle byeenkoms vir radio- en voornemende radio amateurs in George by Root Coffee Roasters. Die weer het mooi saamgespeel en was daar 12 radio amateurs teenwoordig gewees. Soos voorheen was die “venue” weereens tot ons gebruik beskikbaar gestel vir solank as wat ons dit wou benut. Ek will van die geleentheid gebruik maak om beide eienaars van Root Coffee te bedank vir hulle gasvryheid en die beskikbaarstelling van hulle fasiliteit aan Reboot Amateur Radio.
Diegene teenwoordig in die gees: = 5

Chris ZS1M, Hentie ZS1LH, Mari ZS1MEH, Abe ZS1ZS, Wessie ZS2A en Nick ZS1N. Baie dankie aan diegene wat die moeite gedoen het om verskoning aan te teken. Dit wys dat julle belangstelling toon in Reboot- en Amateur Radio Aktiwiteite in sy geheel. Die feit dat julle verskoning aanteken word hoog op prys gestel.

Die teenwoordig in die vlees: = 12

Johan ZS2BVD, Russel ZS2AHF, John ZS1ZR, Willie ZS2CC, Andre ZS1AFB, Johan ZS2I, Johan ZS1I , Dave ZR1AOC, Kevin ZS1ABU, Danie ZS1DBJ, Saney ZR1S en Francois ZS1Q.

Hier volg ‘n kort opsomming van Saterdag se gebeure:

Nadat almal die nodige koppie koffie of cappuccino aangekoop het het hulle plekke ingeneem en het ons sonder enige seremonie of formalitiete die Koffie Drinkery afgeskop. Na die nodige blad skud en verwelkoming is elkeen bedank vir die moeite wat hul gedoen het om saam te kom kuier.

Nou ja die Rondomtalie/Round Robin is so bietjie eenkant toe geskuif en het ons lekker informeer gesels en beduie oor projekte, amateur radio gebeurtenisse en sommer oor alles en nog wat, maar was daar soos altyd ook die komiese en skertsende insette wat vir groot pret en n ontspanne atmosfeer gesorg het.

Ek het ook besluit om net ‘n kort samevatting te gee van gebeure. Weereens nie om die Koffie Drink en aanbiedinge/besprekings af te water nie, maar eerder om te vehoed dat manne by die huis bly en wag op ‘n volledige samevatting van gebeure. Soos ek al voorheen gese het as jy nie die koffie drink geleenthede bywoon nie, gaan jy baie mis. So vanaf Januarie 2020 net ‘n kort samevatting en natuurlik fotos. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om elkeen te bedank wat insette, bydraes en wysheid met ons gedeel het by die samekoms.

Hoof besprekings/demonstrasies en bydraes gelewer deur:

Johan ZS1BVD George

  • Buck Converter Power Supply x 4 met 3D gedrukte projek kassie
  • Arduino Solar Water Verwarmer Kontroleerder. Johan se eie ontwerp met bypassende sleutelbord.
  • Selfontwerpte sleutelborde vir Arduino en ander projekte. Min drade is die bonus hier.
  • Raspberry Pi 4 met 3D gedrukte projek kassie en waaier.

Andre ZS1AFB George

  • DIY Selfoon/PWS Power Pack ingebou in Ammo kassie.

John ZS1ZR George

  • Spark Plug herwin uit die See.
  • Philips Tweede Wereld Oorlog Flitslig.
  • Rubber Patroon.

Danie ZS1DBJ George

  • DIY PCB Klamp/Houer Projek
  • ATiny selfontwerpte PCB en komponente Projek

Francois ZS1Q George

  • ViCom Electronics sluit Maart 2020. Huidige eienaar soek ‘n koper vir voorraad. Sou iemand belangstel kan hulle kom kontak.




Kevin ZS1ABU George

  • Kevin will be ordering HF Ferrite Toroids from RS Electronics should anyone be interested they can contact Kenvin.

Willie ZS2CC George en Johan ZS2I Mosselbaai

  • HF Toestande
  • 6M Band Openinge
  • Band toestande

Saney ZR1S Wilderness

  • 40m Beacon Update – Solar Panel and Battery
  • Unicyc le Construction Project

Algemene Besprekings

  • Eskom Kragonderbrekings
  • Vliegtuig Ongeluk – Ruiterbos Mosselbaai
  • Sluiting van AREDN Mossel Bay Mesh Netwerk
  • Amateur Radio Nood Kommunikasie - einde van ‘n era en staking van toekomstige hulp en bydraes deur Johan ZS1I Mosselbaai.
  • Oorname van amateur radio aktiwiteite deur jonger en nuwe radio amateurs in die Suid Kaap.
  • Johan ZS1I Kennisgewing: Besoek aan Australia – April tot Junie 2020. Reelings tov Koffie Drink Byeenkomste vir bogenoemde tydperke.

Die tyd het weereens eenvoudig net verby gevlieg en was dit tyd om te groet. Maar voor ek finaal groet eers woorde van dank. ‘n Hartlike dank aan die volgende persone:

1. Elke liewe radio- en voornemende radio amateur wat saam kom koffie drink het. Reboot Koffie Drink Geleenthede is nie ‘n “one man show” nie en wat ek daarby bedoel is dat julle wat kom koffie drink en die geleentheid bywoon sorg vir die sukses van die geleentheid wat ook die komiese insluit. Die kameraderie en vriendskappe wat gebou word is nie te versmaai in vandag se samelewing nie. Sonder elkeen se deelname hoe gering ook al sou die Koffie Drink nie ‘n sukses gewees het nie, baie dankie aan elkeen!!

2. Hartlike dank aan die eienaars van Root Coffee Roasters vir gebruik van hulle fasiliteite vir meer as twee ure. Julle koffie is puik.

3. Dankie aan die volgende persone wat fotos geneem het van die Koffie Drink en Projekte:

  1. Francois ZS1Q
  2. Andre ZS2AFB


Al wat oorbly is die volgende datum vir die Reboot Koffie Drink en dit sal gehou word te Mosselbaai op die 22 Februarie 2020 om 9vm te STARS Restaurant. Teken nou al die datum aan in julle dagboeke dat daar nie botsende belange is nie en dat jy die geleentheid kan bywoon.

73

Johan ZS1I
Mosselbaai
sawois05 AT gmail DOT com

Photos Album: