Tuesday, August 20, 2019

Terugvoer: Koffie Drink – Reboot Amateur Radio WhatsApp Groep – 17 Augustus 2019 – Root Coffee Roasters op George.

PDF Version Available HERE
MP3 Audio Version Available HERE 


(Afwesig op foto:  Andre ZS1AFB  Rede:  Weens ander verpligtinge so ietwat laat opgedaag.)

Die Reboot Amateur Radio WhatsApp Groep asook die Reboot Koffie Drink is oop vir alle radio amateurs en voornemende radio amateurs in Suid Africa.  Al ons byeenkomste is informeel van aard en geensins klub verwant of gedrewe nie.  Net ‘n klomp radio amateurs  en voornemende radio amateurs wat hulself geniet.  Ons drink een keer per maand koffie saam en bespreek allerlei amateur radio aspekte.  Daar is geen formele prosedures nie maar daar is wel drie voorwaardes:  (1) Geen amateur- of lands politiek nie.  (2) Geen godsdiens.  (3) Geen kontroversie of persoonlike geskille nie.  Net vet pret, lekker lag en amateur radio is aan die orde van die dag.

Die afgelope Saterdag, 17 Augustus 2019 om 9vm was weer ‘n genotvolle en suksesvolle byeenkoms vir radio- en voornemende radio amateurs in George by Root Coffee Roasters. Die weer het mooi saamgespeel en was daar 12 radio amateurs teenwoordig gewees.  Soos voorheen was die “venue” weereens tot ons gebruik beskikbaar gestel vir solank as wat ons dit wou benut.  Ek will van die geleentheid gebruik maak om beide eienaars van Root Coffee te bedank vir hulle gasvryheid en die beskikbaarstelling van hulle fasiliteit aan Reboot Amateur Radio.

Diegene teenwoordig in die gees: =  5

Hentie ZS1LH, Danie ZS1DBJ, Mari ZS1MEH, Thys ZS1TBP en Llewellyn ZS003.  Baie dankie aan diegene  wat die moeite gedoen het om verskoning aan te teken.  Dit wys dat julle belangstelling toon in Reboot- en Amateur Radio  Aktiwiteite in sy geheel.   Die feit dat julle verskoning aanteken  word hoog op prys gestel.

Die teenwoordig in die vlees: = 12

Jimmy ZS1RB,  Johan ZS2BVD, Saney ZR1S,  Russel ZS2AHF,  John ZS1ZR, Willie ZS2CC,  Hennie ZS1IK,  Andre ZS1AFB,  Johan ZS2I,  Conrad ZS1KG,  Johan ZS1I  en Francois ZS1Q.

Hier volg ‘n kort opsomming van Saterdag se gebeure:

Opmerklik was dat soos wat die koffie drinkers geariveer het so het hulle sommer dadelik gegroet en lekker gesellig onder mekaar begin gesels. Nadat almal die nodige verslaafde koppie koffie en sommige ‘n ontbyt eet dingetjie aangekoop het het hulle plekke ingeneem en het ons sonder enige seremonie of formalitiete die Koffie Drinkery afgeskop.  Na die nodige blad skud en verwelkoming is elkeen bedank vir die moeite wat hul gedoen het om saam te kom kuier om ‘n lekker koppie koffie in weereens nat weerstoestande.

The following decisions were excepted by all present: 1. Recorded audio messages will be allowed on this Reboot WhatsApp Group with immediate effect. However it was decided to restrict the length of such messages to no longer than 3 Minutes at a time. 2. Emergency Communications will be conducted on this group when necessary. This will include updates on riots, road closures and other relevant and confirmed events etc. Severe Weather, Fires, Flooding, disasters and any emergency that effects local communities will also be allowed on this group with immediate effect. Just a request. If you place any information relating to emergencies and or a disaster please ensure that the information is legit and not a hoax or false news. If you not sure send the info to sawois05 AT gmail DOT com and I will try to confirm the authenticity of the event or information.
3. The Telegram Group will be left dormant in the event that we need it when WhatsApp is down. I trust that the above decisions taken by those who attended the coffee drink yesterday, will be excepted by all group users. Like one participant said it is quite simple just skip those messages and audio recordings that you do not want to view or listen to.

Die gewilde Rondomtalie/Round Robin het weer gesorg vir gretige deelname en het daar sommer weer baie interessante mini lesings/demonstrasies die lig gesien maar was daar soos altyd ook die komiese en skertsende insette wat vir groot pret en  n ontspanne atmosfeer gesorg het.

Rondomtalie/Round Robin

Jimmy ZS1RB Mossel Bay:   A while ago Jimmy contacted me and while we were talking he mentioned that he is suddenly experiencing interference on the 145.700 repeater frequency.  He was told to switch off all AC power in his home on the farm.  Well sad news the interference was still there.  I then suggested that he uses his mobile radio just to do a quick check around his area and that he must watch the signal strength to see if he can trace the direction of the interference.  As he was about to leave the farm with the car he remembered that he was working on a  Ubiquiti Pico Wifi Unit the previous night and that the unit was running on battery power.  He decided to switch the unit off and low and behold the interference dissappeared.   He could now use the 700 George Repeater with no interference at all.  Jimmy brought the little Pico Wifi Unit to the Coffee Drink to show the source of interference in and around his house.  Well this is a great example for others that experience interference.  Moral of the story is first investigate all sources for interference on you own property before searching else where.  Who of us can really say that this has not happened to one of us.   Look out for interference coming from various sources today but especially if you changed or replaced a unit in the house or shack recently.  Thanks Jimmy for sharing this event with us.  By doing so we all can learn from your experience.

Johann ZS2BVD  George:  Johann het vir ons ‘n kykie gegee na die nuwe Raspberry Pi 4 (Mikro Rekenaar) wat onlangs vrygestel is.  Die klein rekenaar so groot soos ‘n pakkie 20 sigarette is geensins mikro nie.  Hy is ‘n “vol bloed hoe werk verigting resies perd” afkomstig vanaf die “Raspberry Pi Foundation” stalle.  ‘n Moet he vir enige radio amateur in die moderne en selfs nie so moderne hok nie, maar ook sommer net vir enige “IT Fundi”  of “Tinkerer” wat daarin belangstel.  Vir diengene wat nog nie weet nie,  Johann gebruik sy selfgeboude en self ontwerpte 3D drukkers om nuwe projekte daar te stel of bestaandes te verander en te verbeter.  Kyk gerus terug na vorige Reboot Koffie Opsommings vir van sy projekte wat hy reeds gedemonstreer het.  Hy het verduidelik dat sy mees onlangse projek die druk van ‘n waaier  staander was om tesame met ‘n goeie hitteput die Raspberry Pi 4 lekker koel te hou.  Kyk gerus na die fotos in die verband en dan sal julle merk dat nadat hy die verandering aangebring het, dit ‘n mooi kompakte eenheid daar stel wat ook sommer goed vertoon vir die oog.  Die PI 4 is maar onlangs vrygestel maar kon Johann een aanskaf via die PiShop in Suid Afrika.

Wel dit was nie die enigste item of projek wat Johann gedemonstreer het nie.  Ek het so rukkie terug fotos van nog een van sy indrukwekkende projekte op die Reboot Groep geplaas.  Hy het ook sy Alt-Az projek wat ‘n groen laser beheer en outomaties na gevraagde sterre en planete wys kom demonstreer.  Johann het self die stelsel ontwerp en gebou.  Die eenheid beskik ook oor sy eie kontrole bord.  Die rat stelsel wat die projek gebruik is uiters indrukwekkend en is nie die gewone tipe ratte wat jy vind in projekte nie.  Kyk gerus na die fotos.  Die aandrywing word gedoen deur twee stepper motors met oor as genoeg dryfkrag.  Weereens ‘n briljante projek wat self ontwerp en gebou is deur Johann.  Hy is ‘n baie nederige mens en het verskoning aangebied dat hy nie ‘n aktiewe radio amateur is nie.  Johann dit maak geensins saak nie.  As ons kyk na jou projekte dan verstaan ons waarom jy nie juis veel tyd kry vir amateur radio nie.  Die crux van die saak is dat jy doen wat vir jou lekker is en ek is seker dat baie van jou uitstekende projekte ook in amateur radio aangewend kan word.  Vir een is ek seker dat die Alt_Az projek ‘n tuiste kan vind in amateur radio.

Lees gerus die laaste onderwerp gemerk  N/S heel aan die einde van die opsomming.  Dit is hier waar die dinge eintlik gebeur het, maar kyk en lees maar self.  Dankie Johann dat jy jou projekte met ons kom deel.

Saney ZR1S Wilderness:  Saney presented us with an update on the 40 Meter HF Beacon, its operation and installation details.  He told us that due to an increase in work pressure he really cannot find the time to spend on amateur radio matters.  He indicated that he is still planning to run the beacon off its own solar power source once he find the time to construct the unit.  While Saney was busy telling us about the beacon he received a work phone call that his services were needed just after the Koffee Drink.  You know Saney that we are not at all concerned about you finding time for amateur radio projects.  The main thing is you did find the time to attend the Reboot Coffee Drink and that is all that really matters.  Thanks for attending and adjusting you busy schedule to find the time to have a glass of milk and some cookies with us.  That is all that really counts!!

Russel  ZS2AHF George:   Russel is one of the Reboot Coffee Drink participants that does not miss any of our events even during servere- and very cold weather.  Russel is one of our more senior radio amateurs and he makes every efford to attend the event.  We all appreciate his effort in this regard. 

Russsel explained that he is still busy constructing the LED version of the frequency counter for his Kenwood TS520S tranceiver.  He is still looking for the switches or a scrapped TS520S radio to scrounge the parts from.  Russel also asked about 2m activity in the Southern Cape.  He does not have a 2 meter set but would like to experiment with the SSB side of 2 meters.  The attendees answered his questions about the current repeaters in this area as well as the PEARS VHF/UHF contest which take place in January each year.  The contest would make for an ideal opportunity to play around with SSB on 2 meters.  He indicated that he would like to hear and work stations on 2m  Simplex.  2 Meter Simplex was very active a few years back in the Southern Cape and even more busy than the repeaters in this area.  Experimentation on simplex was rife.  Maybe not a bad idea to get the simplex frequencies again occupied and continue with all sorts of experiments.  Thanks Russel you might just hear some activity on simplex soon.

John  ZS1ZR George:   Tydens ons tussen deur gesprekke het radio aktiwiteite na vore gekom.  John het verduidelik dat hy nou letterlik en figuurlik werklik radio aktief is.  John is een van ons deelnemers wat met elke geleentheid ons laat skaterlag tydens die Koffie Drink geleenthede.  Wel die keer was weereens die geval en het hy ons vertel van sy werks ervaringe in die 60’er jare op George, Wilderness en omgewing.  Hy het aangedui dat hy daardie jare baie vertroud was met die werking van ‘n trapfiets en dat dit deel gevorm het van sy werks verpligtinge.  Dit was vir hom regtig niks snaaks om Wilderness en omgewing vanaf George vir werk te besoek met die trapfiets nie.  Hy was jonk en boonop sommer lekker fiks gewees.  Hy het ons vertel van hoe klein George was daardie jare en dat daar nog geboue van daardie era vandag bestaan.  Hy het almal laat skaterlag met al die kwinkslae wat hy vertel het.  Ek gaan dit nie hier vermeld nie en die wat nie daar by die koffie drink was nie het nou ongelukkig uitgemis op die fyner vertelling van sy wedervaringe van vroeer jare op George en omgewing.  John, dankie jy het behoorlik die manne se lagspiere oefening gegee en ook hulle ‘n terugblik gegee van melewe se dae op George.  Dankie dat jy ook jou weg oopgesien het om die koffie drink geleentheid by te woon.

Willie ZS2CC George:   Willie en Llewellyn (sy seun) is reeds twee bekende gesigte by die koffie drink geleentheide en hou Willie plaaslike en ook ander radio amateurs op hoogte van band toestande en kontakte op HF, 6 meter en 11 meter.  Willie het ‘n oorsig gegee van die huidige toestande op bovermelde bande.  Hy het aangedui dat daar nie goeie en gereelde kontak geleenthede is op die HF bande nie.  Daar is wel aktiwiteite maar nie naastenby so baie soos tydens die hoogtepunt van die sonsiklus nie.  Hy moedig egter steeds radio amateurs aan om die bande te gebruik.  Hy bevestig dat daar ook van tyd tot tyd aktiwiteite is op die 6 meter band sowel as die 11 meter band.  Op ‘n vraag het hy aangedui dat CB gebruikers plaaslik en in ander dele van Suid Afrika meestal kanaal 27 USB gebruik.  Hy dui aan dat daar van tyd tot tyd openinge (skips) is op 11 meter en dat die manne dan behoorlik ‘n hond uit ‘n bos gesels.  Willie dankie vir jou gereelde insette in die verband.

Hennie ZS1IK George:   Hennie is een van die manne wat daarvan hou om gegewe die feit dat hy “afgetree” is, nogsteeds ‘n groot bydrae te lewer tot die George gemeenskap.  Hennie is steeds deeltyds werksaam en kry hy nie baie tyd om te spandeer aan amateur radio nie.  Een goeie ding is dat hy met tye op die 145.700 herhaler gehoor word wanneer hy mobiel is oppad werk toe en of terug huistoe.  Dankie Hennie dat jy die 700 herhaler gebruik en vir jou bydrae om aktiwiteite op die herhaler daar te stel.  Hennie het verskeie vrae gehad oor noodkommunikasie en hoe AREDN inskakel by noodkommunikasie in die Suid Kaap.  Na vrae en antwoorde was hy van mening dat die Reboot WhatsApp groep oorweging daaraan skenk om nood en ramp inligting vir deelnemers daar ste stel.  Hy  en ander deelnemers het met baie goeie ideas en voorstelle voor ‘n dag gekom. (Sien die besluite wat geneem is tov die Reboot WhatsApp Groep.)

Hennie het ook aangedui dat hy ‘n nuwe HF Antenna opgerig het in sy woon kompleks wat ook maar beperkinge het.  Hy dui aan dat hy van oordeel is dat die antenna nie lekker werk nie en baie raserig is met “geluide” wat klink soos vet wat uitbraai.  Johan ZS2I het Hennie gerus gestel dat as hy met sy OptiBeam rigstraler nie hond haar af kan maak dit maar moeilik sal gaan om goeie kontakte te maak met ‘n draad antenna.  Hy het Hennie verseker dat wanneer toestande verbeter hy seker is dat sy antenna goed sal werk maar dat Hennie moet aanhou roep en luister want daar is tye waar daar wel aktiwiteite is op HF.

Dankie Hennie vir jou waardevolle insette in die verband en ook dat jy tyd gemaak het in jou besige skedule om te kom koffie drink. 

Andre ZS1AFB  George:   Andre het verskoning aangebied dat hy laat gaan wees vir die Koffie Drink.  Wel hy het met genoeg tyd nog beskikbaar opgedaag en ons meegedeel dat hy tans besig is met huisbou op George.  Hy bou vir hom en sy familie ‘n huis en kyk na verskeie projekte wat hy in die huisbou wil inkorporeer voordat die mure opgetrek word.  Ek glo dat almal sal saamstem dat huisbou nie grappies is nie en letterlik die dag-ure insluk.  Veel tyd vir amateur radio is daar defnitief nie maar wat die meeste saak maak is dat jy opgedaag het en gesellig saam met ons kon verkeer.  Ons wens jou alle sukses toe met die huisbou proses en glo dat jy vorentoe hopelik meer tyd vir amateur radio sal he.  As jy nou mooi keelvol is met die bouers en alles wat daarmee gepaard gaan kom drink maar ‘n lekker koppie koffie saam met ons en dan ontspan jy ook sommer lekker vir 2 ure +.

Johan ZS2I  Mosselbaai:   Johan is een van die groep se groot DX entosiaste/kenners en as hy vir jou vertel van HF voortplanting en band toestande kan jy maar luister.  Johan beaam ook sekere van Willie ZS2CC se opmerkings.  Die manne het lekker gelag toe Johan vir Hennie gese het dat as hy met sy monster OptiBeam HF Antenna “niks” kan werk nie dan hoef hy regtig nie bekommerd te wees oor die antenna wat hy opgesit het nie.  Dit is nie lelik bedoel nie maar net ‘n vergelyking van antennas tov die huidige HF toestande.  Johan het ook aangedui dat daar van tyd tot tyd tog wel aktiwiteite is op die HF bande.  Hy beveel aan dat radio amateurs nie net moet aanvaar dat toestande swak is of net sit en luister nie, maar moet roep en roep en roep.  Johan het groot belangstelling getoon in die projek van Johann ZS2BVD.  Meer oor die belangstelling  aan die einde van die opsomming. 

Conrad ZS1KG George:   Nou ja eerder laat as nooit nie.  Soos julle teen die tyd weet is Conrad seker een van die besigste manne wat werksverpligting aan betref.  Nogtans het hy sy weg oopgesien om te kom koffie drink al was hy op bystand daarom dan ook dat sy foon gereeld met tussenposes “ op silent gelui ” het.  Dit is die lekkerte van die Koffie Drink!  Jy sit sommer aan tafel en antwoord jou foon.  Lekker informeel. Conrad het ons meegedeel dat hy tans huidiglik twee amateur radio stasies in stand hou.  Natuurlik sy stasie maar ook die van sy pa, Johan ZS1WD.  Seker maar een van die voorregte as pa en seun nie ver van mekaar af bly nie.  Conrad spandeer meeste van sy spaartyd aan satelliet werking.  Hy dui aan dat hy nou onlangs 5 van die 7 ISS SSTV transmissies suksesvol gedekodeer het.  Op ‘n vraag of hy al ‘n spraak kontak gemaak het met die ISS het hy aangedui dat hy in die verlede kontakte gemaak het maar nie nou onlangs nie.  Nou hier het Conrad se aktiwiteite sommer weer die manne lekker aan die praat gesit.  Saney ZR1S  het gewys op al die kontakte wat Mark Shuttelworth gemaak het met Suid Afrikaners toe hy die ruimte stasie besoek het en dat Mark alles in sy vermoe gedoen het om met elke verbyvlug kontakte te maak.  Hier is nou weer ‘n duidelike voorbeeld van hoe informeel die Koffie Drink is en hoe deelnemers inligting aanvul en oordra.  Voorwaar ‘n Wenner!!  Dankie Conrad en hou ons maar op hoogte met jou toekomstige satelliet bedrywighede en planne.

Johan ZS1I Mosselbaai:   Johan het twee ou Linksys Routers saamgebring en aangedui dat dit die eerste twee Mosselbaai AREDN Mesh Netwerk Nodes was, maar dat die twee routers nou in onbruik verval het nadat hulle vervang is met meer moderne toerusting.  Die twee routers le nou reeds ‘n geruime tyd in ‘n kas en gaar stof op.  Hy het hulle onlangs uitgehaal en besef dat die twee ou menere nog oor heelwat funsionaliteit beskik en dat hulle nog geensins gereed is vir ‘n museum of die ashoop nie.  Die probleem was net om derde party sagteware op die routers te laai.  Beide routers het eenvoudig net viervoetig vasgesteek en kon ek geen toegang verkry deur middel van die GUI om nuwe meer moderne sagteware op te laai nie.  Selfs met ‘n “hard reset” kon ek op geen normale manier toegang  verkry nie.  Beide routers is deur myself gemodifiseer met 2  x serial poorte asook ‘n SD Kaart slot.  Daar is ook nog die opsie om ‘n  USB poort aan te bring. 
Na nabetragting was daar tog ‘n heel eenvoudige manier om toegang te kry dmv ‘n serial poort tot die CFE funksie.  Sukses was op hande en kon ek daarin slaag om die CFE “prompt” op te roep.  Ek kon daarna eenvoudig net die derde party sagteware (DD-WRT) oplaai.  Na etlike minute was beide routers gelaai met die nuwe sagteware wat ‘n nuwe lewe verleen het aan beide die twee routers.  Vele nuwe funksies is nou beskikbaar en gaan beide routers nou weer gebruik word op die  Mosselbaai Aredn Mesh Netwerk.  Voordat jy ou toerusting eenvoudig net weggooi kyk eers of jy nie iets nuttigs met dit kan doen nie.  Dit is net jammer dat vervaardigers van sekere Routers nie derde party sagteware (Open Source) toelaat op hulle toerusting nie.

Francois ZS1Q George:   Francois het my vooraf meegedeel dat hy nie hierdie keer ‘n besprekings punt wou opper nie.  Hy het my Vrydagaand voor die Koffie Drink gekontak en meegedeel dat hy nie te wel voel nie en moontlik die geleentheid gaan misloop.  Wel Saterdag oggend toe ek  by die winkel instap toe sit hy gereed vir die Koffie Drink maar jy kon sien dat hy nie  te wel gevoel het nie.  Francois het des nie teenstaande van die fotos geneem vir hierdie opsomming.  Dankie Francois ook vir die besprekings reelings.  Dit word opreg waardeer.   Wel volgende keer glo ek is jy weer perdfris en gaan jy weer deelneem aan die Rondomtalie/Round Robin en ander aktiwiteite.

Met die Rondomtalie/Round Robin afgehandel was dit tyd vir die Reboot Koffie Drink Lucky Draws.

Reboot Koffie Drink Lucky Draws

Wel jy kon sien dat daar groot afwagting was vir die trekking en ook wat binne in die drie bokse was.  Voordat ons voortgegaan het met die trekking het ek eers ons anonieme borg bedank vir die skenking van die toerusting.  Sy borgskap word hoog op prys gestel en het die gelukstrekking gesorg vir groot opwinding.  Die volgende persone het vir ons die pryse getrek:  Russel ZS2AHF en Conrad ZS1KG.  Ek gaan nie die wenners se besonderhede verstrek nie maar wel die inhoud van die drie bokse.

Boks Nr 1 =  Kompakte Draagbare Media Speler
Boks Nr 2 =  LED Buite Kollig
Boks Nr 3 =  Rekenaar Web Kamera met ingeboude mikrofoon

Baie geluk aan elkeen van die wenners.

Reboot Amateur Radio Box Challenge

Hierdie “challenge“ het vir groot groot drama, gelag en opwinding gesorg.

Daar was 5 bokse en hulle was soos volg gemerk:

1.   Motorola Draagbare Radio boks met Motorola embleem.
2.   Dringende Medikasie Voorskrif (Hou koel asb!!)
3.   Skoenboks wat “safety boots” kentekens opgehad het.
4.   Takealot boks.
5.   Batkamer matte en badkamer toerusting.

Nou die uitdaging het soos volg daar uitgesien.  Daar was geen waarborge of aanduiding wat in die bokse was nie.  Al die bokse was geseel.  Deelnemers is daarop gewys dat alle items binne in die bokse voetstoots aangebied word en dat daar geen aanduiding was of dit werk nie behalwe natuurlik vir die boks met een toilet rol wat ‘n ou kerel aangekoop het vir R500.  Meer later hieroor.  So daar kon werkende radios in in boks wees of net ‘n doodgewone noodsaaklik rol toilet papier.  Daarom dan ook die naam “Challenge”.  Ons sou by die Koffie Drink kon vasstel of daar manne was wat ‘n kans sou waag in die lewe.  Ek het voor die tyd versoek dat die manne hulle R200 note moes saambring.  Voor die aanvang van die uitdaging was die gesigsuitdrukkings veral interessant en sou ek graag ‘n paar fotos wou neem maar nou ja ons wil niemand ongemaklik laat voel nie en daarom weereens nog ‘n rede waarom jy in persoon die koffie drink moet kom bywoon vir al die fyner detail.

Die eerste Motorola boks se openings aanbod was R2000.00 en het die prys geleidlik gesak to R1000.00.  Onthou jy weet nie wat in daardie boks is nie.  Dit kan ‘n splinternuwe motorola radio wees of net ‘n rol toilet papier wat jy dan vir R2000 of later R1000 moet aankoop sou die bot op jou toegeslaan word.  Dit was gou duidelik dat die manne groot versigtigheid aan die dag gele het en natuurlik meer as te reg want ‘n man moet maar mooi werk met die geldjies deesdae.  Ek het hard probeer en toe maar boks  1 eenkant geplaas.

Boks twee se openingsbod was R500.00 .  Die voorskrif medikasie is vir gebruik deur radio amateurs met “Die Knack” siekte.  Die prys tot R100.00 gesak maar weereens was daar geen konkrete koper nie en wou dit voorkom dat niemand aan “Die Knack” siekte gely het nie.  So het ons deur al die bokse beweeg selfs die boks met die toiletrol in vir R1000.00.  Dit het daarop gedui dat ek met ‘n klomp slim radio amateurs te doen het wat nie kanse vat nie en ook nie onnodig geld uitgee nie.  Nou hoe nou gemaak.  Wel dit was heel eenvoudig.  Conrad ZS1KG het vir ons 5 gelukkige nommers getrek en het vyf manne elkeen ‘n boks gewen.  En wie het die toiletrol toe gewen of gekoop??   Wel......niemand nie want daar was nie een in enige van die bokse nie. Ek het net so gese net om die hele uitdaging meer interessant te maak.  Wat was binne in die bokse gewees?

1.   Motorola Draagbare Radio boks met Motorola embleem. =  Nuwe Valves/Lampe
2.   Dringende Medikasie Voorskrif (Hou koel asb!!) =  Kragbron en Kristal Toetser
3.   Skoenboks wat “safety boots” kentekens opgehad het. = Verstelbare Kragbron
4.   Takealot boks. = Verskeie Mobiele werkende radios
5.   Batkamer matte en badkamer toerusting. =  Groot hoeveelheid elektroniese komponente sommige nog nuut asook ‘n skerp flitslig wat herlaaibaar is


Ek is nog opsoek na die toilet rol asook al die geld wat ek verloor het.  (Sommer net ‘n grap en ek is bly dat die manne die challenge/uitdaging geniet het.  Hulle kon ook nie wag om die bokse oop te maak nie.

Aan die einde van die dag was elkeen ‘n wenner wat die byeenkoms bygewoon het en het niemand met lee hande huiswaarts gekeer nie.  Elke persoon teenwoordig is huistoe met 10 pull-plugs vir gebruik in die hok of huis.

Daar het pull-plugs oorgebly en kon Reboot die plugs skenk aan Root Coffee Roasters vir gebruik in die winkel en ook by die eienaars se huis.

Reboot Amateur Radio “Kick Start”

Nee jy kon niks wen nie maar het ek die manne ingelig presies wat bedoel word met Reboot Amateur Radio “Kick Start”  Die idea is om vorentoe te kyk na nuwe radio amateurs wat die eksamen afgele het asook behoeftige radio amateurs wat nie radio toerusting kan bekostig nie.  Ja ek weet dat daar ook kansvatters is maar praat ek hier van werklike uitsonderlike gevalle.  Die idea het ontstaan tydens die Groot Knysna Brand so paar jaar gelede waar ‘n radio amateur al sy radio toerusting verloor het tydens die brand en nie weer toerusting kon aankoop nie.  Ek het in ‘n plasing op die SARL Forum gevra dat radio amateurs en die Raad moet kyk om die radio amateur behulpsaam te wees.  Wel die res is geskiedenis en beskikbaar op die SARL se web-blad.  Die voorstel is eenparig deur die Koffie Drink Deelnemers aanvaar en sal daar gekyk word om in die toekoms ‘n bydrae te lewer in die verband.  Meer besonderhede  sal later op die groep en ook by koffie drink geleenthede bekend gemaak word.  Dit is veel lekkerder om te gee as te ontvang!!

Twee ure het eenvoudig net verby gevlieg en was dit tyd om te groet.  Maar voor ek finaal groet eers woorde van dank.  ‘n Hartlike dank aan die volgende persone:

1.  Elke liewe radio amateur wat saam kom koffie drink het al was daar van julle wat laat opgedaag het.  Dit maak nie saak nie julle was daar.  Reboot Koffie Drink Geleenthede is nie ‘n “one man show” nie en wat ek daarby bedoel is dat julle wat kom koffie drink en die geleentheid bywoon  sorg vir die sukses van die geleentheid wat ook die komiese insluit.  Die kameraderie en vriendskappe wat gebou word is nie te versmaai in vandag se samelewing nie.  Sonder elkeen se deelname sou die Koffie Drink nie ‘n sukses gewees het nie,  baie dankie aan elkeen!!

2.  Hartlike dank aan die eienaars van Root Coffee Roasters vir gebruik van hulle fasiliteite vir meer as twee ure.  Julle koffie is puik en boonop is julle bereid om in die toekoms ook te sorg vir lekker tuisgebakte brood.  Meer hieroor nader aan die volgende koffie drink op George.

3.   Ek het reeds die borg van die drie bokse vir die gelukkig trekking bedank.  Ek glo en vertou dat hy in die toekoms ons weer gaan borg en ek het gehoor dat die items in die toekoms meer waardevol kan wees.  Baie dankie.

Al wat oorbly is die volgende datum vir die Reboot Koffie Drink en dit sal gehou word te Mosselbaai op die 21 September 2019 om 9vm te STARS Restaurant.  Teken nou al die datum aan in julle dagboeke dat daar nie botsende belange is nie en dat jy die geleentheid kan bywoon.

73

Johan ZS1I
Mosselbaai
sawois05 AT gmail DOT com

Fotos beskikbaar op die AREDN Mossel Bay Mesh Network Blog

N/S

Soos vroeer vermeld was daar groot belangstelling in Johann ZS2BVD se  Alt-Az projek wat ‘n groen laser beheer en outomaties na gevraagde sterre en planete wys. Nou hoekom nou hierna verwys onder N/S.   Soos dit maar gaan by byeenkomste vind die grootse gesels en navrae gewoonlik na die byeenkoms plaas en hier was dit dan ook weereens so.  Na die byeenkoms het die vrae behoorlik op Johann neergereen.  Hy moes redelik bond staan om al die vrae te antwoord.  Dit wil voorkom of daar groot belanstelling is in die bou van ‘n 3D drukker en het Johann goeie inligting verskaf aan Johan ZS2I en ook ander wat vrae gevra het.  Wel daar is toe nog 20 minute bygevoeg tot die 2 ure vantevore maar was dit alles die moeite werd.  Ek het ook verneem dat daar hard bespiegel is oor ‘n 3D Drukker as ‘n Groeps Projek vorentoe.  Kom ons kyk wat gebeur.  Dit kan en sal ‘n uitstekende projek daar stel.  Wie stel belang?  Laat ons hoor!!
Fotos:

 Ubiquiti Pico Wifi Unit - Jimmy ZS1RB
Alt-Az Projek - Johann ZS2BVD
En so kuier die manne!
 Diepe Konsentrasie!
 Alt-Az Projek - Johann ZS2BVD
 Alt-Az Projek - Johann ZS2BVD
 Alt-Az Projek - Johann ZS2BVD
 Alt-Az Projek met kontole eenheid - Johann ZS2BVD
 Raspberry Pi 4 met hitteput waaier staander - Johan ZS2BVD
 Raspberry Pi 4 -  Johan ZS2BVD
 Alt-Az Projek - Johann ZS2BVD




Alt-Az Projek - Johann ZS2BVD
 Linksys Routers met serial poorte - Johan ZS1I
Pull Plugs - ZS1I
 Reboot Koffie Drink in askie op George