PDF Version Available HERE
(Foto:
Die manne luister aandagtig na Dave ZR1OAC se demonstrasie.)
Die
Reboot Amateur Radio WhatsApp Groep asook die Reboot Koffie Drink is
oop vir alle radio amateurs en voornemende radio amateurs in Suid
Afrika. Al ons byeenkomste is informeel van aard en geensins klub
verwant of gedrewe nie. Net ‘n klomp radio amateurs en
voornemende radio amateurs wat hulself geniet. Ons drink een keer
per maand saam koffie en bespreek allerlei amateur radio aspekte.
Daar is geen formele prosedures nie maar daar is wel drie
voorwaardes: (1) Geen amateur- of lands politiek nie. (2) Geen
godsdiens. (3) Geen kontroversie of persoonlike geskille nie. Net
vet pret, lekker lag en amateur radio is aan die orde van die dag.
Die
afgelope Saterdag, 19
Oktober
2019
om 9vm was weer ‘n genotvolle en suksesvolle byeenkoms vir radio-
en voornemende radio amateurs in George by Root Coffee Roasters. Die
weer het mooi saamgespeel en was daar 10
radio amateurs teenwoordig gewees. Soos voorheen was die “venue”
weereens tot ons gebruik beskikbaar gestel vir solank as wat ons dit
wou benut. Ek will van die geleentheid gebruik maak om beide
eienaars van Root Coffee te bedank vir hulle gasvryheid en die
beskikbaarstelling van hulle fasiliteit aan Reboot Amateur Radio.
Diegene
teenwoordig in die gees: = 11
Chris
ZS1M, Saney ZR1S, Hentie
ZS1LH, Danie ZS1DBJ, Mari ZS1MEH, Thys ZS1TBP, Abe
ZS1ZS, Wessie ZS2A, Hennie ZS1IK, Nick ZS1N en Jimmy ZS1RB.
Baie dankie aan diegene wat die moeite gedoen het om verskoning aan
te teken. Dit wys dat julle belangstelling toon in Reboot- en
Amateur Radio Aktiwiteite in sy geheel. Die feit dat julle
verskoning aanteken word hoog op prys gestel.
Die
teenwoordig in die vlees: = 10
Johan
ZS2BVD, Russel ZS2AHF, John ZS1ZR, Willie ZS2CC, Andre ZS1AFB,
Johan ZS2I, Johan ZS1I , Leon
Kapp ZS00, Dave ZR1AOC
en Francois ZS1Q.
Hier
volg ‘n kort opsomming van Saterdag se gebeure:
Nadat
almal die nodige koppie koffie of
cappuccino
en sommige ‘n ontbyt eet dingetjie aangekoop het het hulle plekke
ingeneem en het ons sonder enige seremonie of formalitiete die Koffie
Drinkery afgeskop. Na die nodige blad skud en verwelkoming is elkeen
bedank vir die moeite wat hul gedoen het om saam te kom kuier.
Die
gewilde Rondomtalie/Round Robin het weer gesorg vir gretige deelname
en het daar sommer weer baie interessante mini lesings/demonstrasies
die lig gesien maar was daar soos altyd ook die komiese en skertsende
insette wat vir groot pret en n ontspanne atmosfeer gesorg het.
Rondomtalie/Round
Robin
Andre
ZS1AFB George: Andre is ‘n baie besige man want dit kan
dan nie anders as jy huisbou nie. Volgens Johann ZS2BVD wat uit ‘n
amateur radio oogpunt toesig hou vorder die bouery goed. Nou ja ek
glo julle sal saamstem dat daar nie tyd is vir amateur radio wanneer
huis gebou word nie. Ons was bly dat Andre die tyd ingeruim het om
te kom koffie drink. Hy het Johann ZS2BVD goed aangevul tydens die
demonstrasie van 3D drukker projekte en besonderhede. Andre het
voorgestel dat daar in die nuwe jaar gekyk moet word of daar
belangstelling is vir Arduino klasse. Voelers sal uitgesteek word op
die Reboot WhatsApp groep of daar belanstelling sou wees vir sulke
klasse.
Willie
ZS2CC George: Willie het weer Oupa geword. Baie Geluk!!
Willie en Johan ZS2I doen gewoonlik verslag oor HF band toestande,
openinge, DX, FT8 gebeure ens. ens. Willie rapporteer dat die HF
bande maar stil is maar dat daar tog openinge/aktiwiteite is van tyd
tot tyd. Willie het ons so bietjie van die Yaesu FT991a radio vertel
en sal in die nuwe jaar vir ons ‘n demonstrasie gee oor die werking
van die radio. Willie het ook aangedui dat daar deesdae heelwat
radio amateurs is wat nog 11m gebruik en dat daar gereeld aktiwiteite
is op die 11m band.
Johan
ZS2I Mosselbaai:
Soos reeds vermeld het Johan en Willie mekaar goed aangevul tov die
HF toestande en werking. In ‘n vraag aan hom waarom daar so baie
HF stelle te koop aangebied word het hy geantwoord dat dit maar die
tendens is wanneer die son siklus laag is. Die manne verkoop maar en
wanneer toestande weer verbeter dan koop hulle maar weer HF radios
aan. Hy beaam weer dat die manne maar moet roep op
HF en nie net moet luister nie.
Tydens
‘n tussendeur gesprek is die werking van Netwerk Radio geopper.
Johan wou weet wat netwerk radio nou eindlik is. Na ‘n kort
verduideliking het hy aangedui dat netwerk radio nie amateur radio is
nie. Nodeloos om te se dat die stelling gesorg het vir goeie ope
debatvoering met uistenkende insette en opinies. Die crux is egter
dat Netwerk Radio gekom het om te bly. Soos met enige ander aspek in
amateur radio het dit sy voor en nadele en le die besluit by die
individuele radio amateur of hy vir hom ‘n netwerk radio gaan
aankoop of nie.
John
ZS1ZR George: Soos altyd het John die manne sommer weer
lekker laat skaterlag met ‘n staaltjie uit die verlede. Hy het ons
vertel van hoe hy destyds bevordering ontvang het vanaf ‘n
trapfiets na die gebruik van ‘n motorvoertuig. Saam met die
bevordering om ‘n motorvoertuig te bestuur het nuwe probleme ook
opgeduik. Die voertuig is later toegerus met ‘n mobiele radio wat
die dinge so ietwat moeiliker gemaak het. Een daarvan was dat jy
heeltyd beskikbaar moet wees want daar is nou ‘n radio waarmee
kontak gehou is. Hy het verduidelik dat hulle 300 km tydens ‘n
skof moes afle en hoe daar toe te werk gegaan is om dit vinnig te
bewerkstellig. Die manne het sommer lekker gelag oor die metode. Hy
het ook vertel hoe hulle te werk gegaan het om die twee rigting radio
te laat klik of dit sein verloor. Weereens het die manne lekker
gelag oor die vindingryke metodes wat net ‘n jong man kon uitdink
om ‘n ouer man te flous. John het ook vertel hoe daar destyds
toestemming van sy werkgewer verkry moes word om te kon trou. Glo
dit as jy wil, n mede werknemer is vanaf Pretoria gestuur om ‘n
onderhoud met sy toekomstige vrou te voer en dan ‘n verslag op te
stel voordat toestemming verleen is. Vandag klink dit maar baie
snaaks maar dit is hoe dit van melewe was. Ernstige sake!!
Die
manne geniet duidelik John se vertellinge en almal luister baie
aandagtig waarna die manne ook met gereelde tussenposes uitbars van
die lag. Net die regte medisyne vir die gees en natuurlik wat ons
vandag so brood nodig het. Ek kan nie in diepte ingaan op John se
vertellinge nie en daarom moet julle die Koffie Drink geleenthede
bywoon om dit te beleef en te ervaar.
Leon
Kapp ZS000 George: Wel groot was my verbasing toe ek Leon
weer na baie jare raakloop by die koffie drink op George. Leon is
nog nie ‘n radio amateur nie maar stel wel belang in amateur radio.
Hy het ons vertel dat hy nogsteeds betrokke is by CB Radio en dat hy
huidiglik met antennas eksperimenteer. Leon het groot belangstelling
getoon in die 70cm tuisgeboude kwart golf antenna wat gebruik was
tydens die AllStar Link Netwerk demonstrasie. Leon dankie dat jy
saam kom koffie drink het en dit was goed om jou weer te sien. Sluit
gerus meer male by ons aan en kom geniet ‘n koppie koffie saam met
ons.
Dave
ZR1AOC Mosselbaai:
Dave het ons die keer verras met ‘n baie interessante projek.
Kom ons begin by die pille houer met BNC koppelstuk. Dit is ‘n 14
Mhz antenna in ‘n herwinde pille houer. Die inhoud is defnitief
nie pille nie. Kyk gerus na die fotos van die antenna. Nadat almal
die antenna besigtig het en daar vele vrae was het Dave sy
tuisgeboude HF Arduino Antenna Analiseerder te voorskyn gebring.
Voorwaar ‘n niftige projek. Die basiese bou stene bestaan uit
sagteware,
selfoon, DDS, Arduino Nano en brug konstruksie. Nadat Dave die
selfoon, antenna analiseerder en 14 Mhz “Pille” Antenna gekoppel
het, het hy die werking van die analiseerder verduidelik en
gedemonstreer. Glo dit as julle wil maar die hele projek se krag
voorsiening is afkomstig vanaf die selfoon wat ook dien as “rekenaar
skerm”. Ongelukkig regverdig die kort opsomming nie die briljansie
van die projek nie. Die manne het vrae gevra en is daar oor en weer
verduidelik. Persoonlik sou ek graag ‘n volledige demonstrasie by
‘n ope-dag byeenkoms wou ervaar, want dit is voorwaar ‘n projek
wat nie in ‘n kort tydsbestek gedemonstreer kan word nie. Die
projek het vele positiewe aspekte maar seker een van die beste en
lekkerste is dat jy self die analiseerder kan herstel sou daar fout
gaan. Kyk gerus na die fotos en julle sal sien dat dit nie sommer
net ‘n 10 minute projek is nie. Ek hoop dat ons in die nuwe jaar
‘n volledige ope dag demonstrasie gaan sien van die uitstekende
tuisbou projek.
Johann
ZS2BVD George:
Soos
in die verlede het Johann weer vele interessante projekte bespreek en
ten toon gestel. Uit Johann se drasak het die volgende projekte hul
verskyning gemaak:
-
3D
gedrukte Raspberry Pi 3 projek kabinet.
-
Apple
Airport Express 3D gedrukte projek kabinet
-
Tuisbeboude
volskaalse GPS “Patch” Antenna vir GSM/GPRS/GSM skerm op Arduino
Uno (Projek nog in aanbou)
-
Selfontwerpte
3D gedrukte parte vir “Compact Bowden Extruder” vir 3D Drukker.
-
Selfontwerpte
3D klampe vir DIN 35 Rail
Johann
ontwerp en druk self sy projek kabinette op sy tuisgeboude 3D
drukker. Kyk gerus na die twee fotos en vorige Reboot Koffie Drink
opsommings vir meer besondehede. Werklik
waar iets besonders en nuttigs.
Die
tweede projek wat Johann na vore gebring het is hoe hy te werk gegaan
het om sy Apple Airport Express weer aan die lewe te kry. Hy het
aangedui dat die oorspronklike wit Apple omhulsel nie oopgemaak kan
word sonder om dit fisies oop te saag nie. Nadat hy dit oopgesaag
het en die fout nagespoor het, het hy egter opgemerk dat die kragbron
foutief was. Hy het die oorspronklike kragbron vervang met ‘n
module wat vrylik beskikbaar is. Maar nou sal al die komponente nie
meer pas in die oorspronklike oopgesaagde kabinet nie. Geen probleem
nie. Johann het ‘n 3D gedrukte kabinet ontwerp en boonop ook nog ‘n
Apple Logo daarop aangebring. Die Apple Airport Express se lewe is
verleng danksy Johann se vernuf. Die voordeel is dat sou daar fout
kom hoef Johann niks oop te saag nie. Hy skroef net die kassie oop
en doen wat nodig is.
Die
derde projek het die manne laat regop sit. Johann het ‘n vol
groote GPS Patch Antenna gebou asook ‘n GSM/GPRS “shield” wat
indruk op ‘n Arduino Uno. Die tuisgeboude antenna ontvang tussen
12 – 13 GPS Sateliete binnenshuis en werk uitstekend. Op ‘n
vraag waarvoor hy die projek gebou het, het hy geantwoord dat hy nog
nie weet nie. Die manne het lekker gelag waarop Johann aangedui het
dat hy die projek gebou het om te sien hoe die antenna funksioneer.
Hy oorweeg dit om dit moontlik te gebruik as ‘n “Time Server”.
Dit is egter ‘n projek wat nog nie afgehandel is nie.
Die
vierde projek is ‘n selfontwerpte 3D gedrukte part genaamd “Compact
Bowden Extruder” vir ‘n 3D drukker. Op ‘n vraag het Johan
aangedui dat die druk van 3D projekte tot 3 ure en selfs langer kan
duur afhangende van die grootte van die projek. Ek is seker baie sal
saamstem dat 3D Drukkers deesdae ‘n aanwins is vir enige
stokperdjie waar jy nie sekere parte te koop kry nie.
Die
laaste projek wat Johann na vore gebring het uit sy drasak was 2 x 3D
gedrukte selfontwerpte klampe vir DIN 35 rails. Weereens ‘n
vernuftige self ontwerpte projek. Hierdie klampe is uiters nuttig.
Kyk gerus na die fotos.
Johann
maak defnitief ‘n nuwe wereld oop tov 3D drukwerk en sy
selfontwerpte voorwerpe. Hy verkies om dit self te ontwerp na sy
standaarde en smaak. Ek glo ons gaan nog sommer baie projekte in die
toekoms sien wat hul verskyning gaan maak uit Johann se drasak.
Russel
ZS2AHF en Francois ZS1Q: Die twee manne het die keer lekker
aan hul koffie gedrink en het verkies om eerder vrae te vra.
Dankie
aan Francois vir sy bydrae om hierdie opsomming moontlik te maak met
kort spraak opnames wat hy op sy selfoon gemaak het. Dit maak net
die taak soveel makliker.
Johan
ZS1I Mosselbaai: Die AllStar Link Netwerk is opgestel en
gedemonstreer by die koffie drink. Ek gaan nie veel hier se oor die
projek nie, anders dat ek van voorneme is om ‘n volledige artikel
op die AREDN Blog saam te stel oor hoe AllStar aangewend sal word in
die Suid Kaap. Kyk gerus solank na die fotos van die projek.
Twee
ure het weereens
eenvoudig net verby gevlieg en was dit tyd om te groet. Maar voor ek
finaal groet eers woorde van dank. ‘n Hartlike dank aan die
volgende persone:
1.
Elke liewe radio- en voornemende radio amateur wat saam kom koffie
drink het. Reboot Koffie Drink Geleenthede is nie ‘n “one man
show” nie en wat ek daarby bedoel is dat julle wat kom koffie drink
en die geleentheid bywoon sorg vir die sukses van die geleentheid
wat ook die komiese insluit. Die kameraderie en vriendskappe wat
gebou word is nie te versmaai in vandag se samelewing nie. Sonder
elkeen se deelname sou die Koffie Drink nie ‘n sukses gewees het
nie, baie dankie aan elkeen!!
2.
Hartlike dank aan die eienaars van Root Coffee Roasters vir gebruik
van hulle fasiliteite vir meer as twee ure. Julle koffie is puik.
3.
Dankie
aan die volgende persone wat fotos geneem het van die Koffie Drink en
Projekte:
-
Francois
ZS1Q
-
Andre
ZS2AFB
-
Johann
ZS2BVD
-
Dave
ZR1OAC
Al
wat oorbly is die volgende datum vir die laaste
Reboot Koffie Drink van
2019
en dit sal gehou word te Mosselbaai
op die 23
November
2019 om 9vm te STARS Restaurant.
Teken nou al die datum aan in julle dagboeke dat daar nie botsende
belange is nie en dat jy die geleentheid kan bywoon. Ons
beoog om ‘n ontbyt voor/tydens die Koffie Drink te geniet. Meer
hieroor op die Reboot Whats App groep.
73
Johan
ZS1I
Mosselbaai
sawois05
AT gmail DOT com
22 October 2019
Photos of the Reboot Coffee Drink:
Antenna Analiseerder - Dave ZR1OAC
Terminaal Sagteware
Analiseerder Sagteware
Analiseerder Bou Modules
Analiseerder in kabinet
Analiseerder soos gebou deur Dave ZR1OAC
Vol grootte GPS "patch" Antenna vir GSM/GPRS/GSM met koppelstuk op Arduino Uno - Johann ZS2BVD
Herwinde "Apple Airport Express" - Johan ZS2BVD
3D gedrukte kabinet vir Raspberry Pi 3 - Johan ZS2BVD
3D gedrukte kabinet vir Raspberry Pi 3
Herwinde Apple Airport Express
Herwinde Apple Airport Express
14 Mhz Pille HF Antenna - Dave ZR1AOC
14 Mhz Pille HF Antenna - Dave ZR1AOC
Die Antenna Analiseerder in aksie - Dave ZR1AOC
3D gedrukte kabinet vir Raspberry Pi 3
Russel ZS2AFH (voorgrond) en Johann ZS2BVD (agtergrond)
(L na R) Johan ZS1I, Andre ZS1AFB, Willie ZS2CC en Johan ZS2I
Johann ZS2BVD, Dave ZR1OAC en Leon Kapp
3D gedrukte kabinet vir Raspberry Pi 3
Herwinde Apple Airport Express
Herwinde Apple Airport Express
Vol grootte GPS "patch" Antenna vir GSM/GPRS/GSM met koppelstuk op Arduino Uno - Johann ZS2BVD
Koppelstuk met GPS op Arduino Uno - Johann ZS2BVD
Volgrootte "Patch" GPS Antenna en die klein "Patch" Antenna
3D gedrukte parte vir "Compact Bowden Extruder" vir 3D drukker
3D gedrukte klampe vir DIN35 rail
Reboot AllStar Link Node met bystands sonkrag kragbron - Johan ZS1I
Reboot AllStar Link Node - voor aansig
Reboot AllStar Link Node - bo aansig
Reboot AllStar Link Node - agter aansig
Reboot AllStar Link Node - inligting
Reboot AllStar Link Node - modules
Reboot AllStar Link Node - Baofeng radio
Reboot AllStar Link Node - Sound Fob
Reboot AllStar Link Node - Raspberry Pi 3